
Akademie by Laerskool Olienpark
Grondslagfase (Juniors)
Laerskool Olienpark se Grondslagfase is die hartklop van die skool. Vanaf Graad R tot Graad 3 is al die seuns en dogters baie kosbaar vir ons. Elke kind is ‘n geskenk van God! Ons klasse vertoon kleurvol en daar heers ‘n gelukkige, koesterende atmosfeer. Klein klasse maak dat leer makliker plaasvind. Elke kind se potensiaal word raak gesien en ontwikkel. By Laerskool Olienpark word elke Juffrou spesiaal met die hand uitgesoek. Die kinders in ons klasse het ‘n spesiale plekkie in hulle Juffrouens se harte. ‘n Gelukkige kind is ‘n leergierige kind.

Intersen
Seniorfase
- Daar is baie hoogtepunte en hope pret.
- Graad sewe is deel van die seniorfase en lê ‘n stewige grondslag vir die hoërskool met nege vakke in plaas van ses.
- Elke vak bied besonderse uitdagings / geleenthede.